
Die langverwagte Artikel 9-riglyne is uiteindelik gepubliseer en kan nou daadwerklik geïmplementeer word.
Na ons mening was hierdie een van die belangrikste stappe om uiteindelike vordering in die heersende BEK-situasie teweeg te bring. Suid-Afrika is vir ‘n geruime tydjie al ‘n land met die status van BEK met inenting, maar word bestuur op grond van beheermaatreëls wat geld vir ‘n BEK-vrye land sonder inenting. Die nuwe beheermaatreëls is op ons werklike status gegrond, en dit is positief.




















