BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bfn 079 529 5000 rpofs@rpo.co.za
Rooivleis Gazette - Oktober 2025

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het die inisiatief geneem om ’n gesprekforum tussen produsente van Suid-Afrika, Namibië en Botswana te stig. Die hoofdoel van die forum is om sake van gemeenskaplike belang tussen die produsente van die drie lande te bespreek, gesien vanuit ’n produsente-oogpunt. Dit was vir die RPO belangrik om klaarheid te kry oor spesifiek die invoere vanaf Namibië (meestal kleinvee) en speenkalwers van Botswana, en hoe dit die winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse produsent beïnvloed. 

Internasionale Rooivleisforum

Die Internasionale Rooivleisforum was 'n inisiatief deur die Nasionale RPO, en is gestig om spesifiek probleme en persepsies wat produsente ondervind in Suid-Afrika, Namibië en Botswana, aan te spreek.  Die vergadering was gehou op 23 Oktober 2025 by die RPO Kantore.  Sake van gemeenskaplike belang wat produsente in al drie die lande raak, word in die Forum bespreek.

Bek & Klouseer Opdatering

BKS-entstofvoorraad aangekoop deur bedryf nou in Suid-Afrika

Op 17 Oktober 2025 het ‘n totaal van 644 000 dosisse BKS SAT-stam entstof vanaf die Botswana Vaccine Institute (BVI) in Suid-Afrika aangekom. Hierdie versending is deur direkte aankoop deur die bedryf verkry, en is gekoördineer en gefasiliteer deur RMIS, in noue samewerking met die Departement van Landbou (DoA).

Why the AAMP is vital to SA's agricultural growth

What began as a promising path to boosting inclusive growth in South Africa's agriculture has become mired in unending discussions, and the implementation effort has been hazy at best. In May 2022, the then Minister of Agriculture, Land Reform and Rural Development, Ms Thoko Dididza, launched South Africa's Agriculture and Agro-processing Master Plan (AAMP), co-created by government, organized agriculture, labour, and other stakeholders.

Bladsy 1 van 4

Kontak Inligting

BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bloemfontein.

rpofs@rpo.co.za

079 529 5000

RPO Vrystaat
Volg Ons