Baie produsente kan tans nie hulle diere skuif nie weens BEK. Hulle hardloop uit weiding uit en sit met speenkalwers wat nie bemark kan word nie.
In `n poging om direkte hulp aan hierdie produsente te bied, het Agri Bonus, Agri Relief Foundation, AGROFORS, die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) en die Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) hande gevat om saad vir aangeplante weiding teen `n beter tarief aan produsente beskikbaar te stel.
