BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bfn 079 529 5000 rpofs@rpo.co.za
Meer Inligting
Ons Struktuur
RPO Struktuur
Veeproduksie
Riglyne vir volhoubare en winsgewende veeproduksie

Riglyne vir volhoubare en winsgewende veeproduksie

Veediefstalvoorkoming
Die boer se gids vir die voorkoming en hantering van veediefstal

Die boer se gids vir die voorkoming en hantering van veediefstal

Boerdery Bestuur

Dieregesondheid

Belangrike Feite Oor Bek- en Klouseer & Verwante Inligting

Important Facts About Foot & Mouth Disease And Related InformationBek-en-klouseer (BK) is 'n beheerde dieresiekte ingevolge die Wet op Dieresiektes, 1984 (Wet Nr. 35 van 1984). BK word veroorsaak deur 'n virus wat slegs gesplete hoefdiere soos beeste, skape, bokke en varke, en gesplete hoefdiere soos buffels en wildsbokke, aantas.

Mense kry nie BK nie. BK veroorsaak koors, wat gevolg word deur die ontwikkeling van blase hoofsaaklik in die bek en pote. Daarom kan diere ophou eet en kreupel word.

Dit versprei vinnig as dit nie beheer word nie en kan oorgedra word deur kontak met besmette diere of hul produkte, sowel as deur mense of toerusting, insluitend voertuie, gereedskap, handskoene, klere en toue wat in kontak was met BK-besmette diere.

Die RPO aanvaar, namens die produsente verantwoordelikheid vir die bestuur van die dieregesondheidstatus van die nasionale kudde en was onlangs by die volgende betrokke: Groot probleme heers tans op hierdie gebied hoofsaaklik agv 'n tekort in kapasiteit en die onvemoe aan die regering se kant om die nodige aanstellings te maak.

Vrystaat RPO is baie nou betrokke by die regering om die nodige regstellings te probeer maak.

  • Die RPO speel 'n belangrike rol gespeel in die bekamping van bek-en-klouseer uitbrekings.
  • Die RPO skakel namens produsente op 'n deurlopende basis met Onderstepoort Biologiese Produkte.
  • Die RPO het die Departement van Landbou versoek om 'n spesiale protokol te ontwikkel vir die hervestiging van buffels om die beweging van besmette buffels te beheer. Hierdie versoek is toegestaan.
  • Die RPO het verskeie vertoë aan die Minister van Landbou gerig rakende die instandhouding en opgradering van internasionale en veterinêre heinings. Ten spyte van ernstige tekortkomings het sekere probleme reeds aandag geniet. Beding met owerheid oor wetgewing, die RPO het insette gelewer met betrekking tot die finalisering van die Dieregesondheidswet.
  • Beding met die owerheid oor veeartsenykundige dienste, dus die staatsveearts-struktuur.
  • BSE, lewer insette om 'n internasionale stelsel in plek te kry om BSE (Malkooisiekte) te monitor en Suid-Afrika se status te verbeter.
  • Die RPO 'n ombutsman vir siviele eise rondom Snotsiekte daar te stel.
  • Nasionale vs. Provinsiale strukture
  • Vakante poste van staatsveeartse
  • Regstellende aksie
  • Rol van dieregesondheids tegnici
  • Rol van privaat veeatse
  • Ramp en risiko beheer
  • Bio- Sekuriteit Stelsels
  • Kode van beste praktyk
Kontak Inligting

BKB Kompleks, Bloemskou, Curielaan, Bloemfontein.

rpofs@rpo.co.za

079 529 5000

RPO Vrystaat
Volg Ons