Die Internasionale Rooivleisforum was 'n inisiatief deur die Nasionale RPO, en is gestig om spesifiek probleme en persepsies wat produsente ondervind in Suid-Afrika, Namibië en Botswana, aan te spreek. Die vergadering was gehou op 23 Oktober 2025 by die RPO Kantore. Sake van gemeenskaplike belang wat produsente in al drie die lande raak, word in die Forum bespreek.
