- Die Minister kondig nuwe BEK-strategie aan: alle beeste in SA sal ingeënt word.
- Doel: kry internasionale status as BEK-vry met inenting, en op lang termyn weer sonder inenting.
- Geen huidige regulasies het verander nie; volledige implementeringsplan is nog nie bekend gemaak nie.
- Grootste risiko tans: ernstige tekort aan entstof—feitlik geen voorraad vir regering beskikbaar.
- Volgende entstofversending (±2 miljoen dosisse) eers einde Januarie/Februarie verwag.
- BEK-uitbrekings sal waarskynlik voortgaan en verder versprei voor entstof beskikbaar is.
- Produsente in kwarantyngebiede verloor steeds marktoegang.
- Belangrike onsekerhede vanaf produsente:
- toekomstige regulasies en prosedures
- koste van entstof
- vereistes vir individuele identifikasie
- Nuwe regulasies sal noodsaaklik wees vir landswye inenting; bedryf sal kans kry om kommentaar te lewer.
- RPO sal aanhou druk om stabiliteit, duidelikheid en werkbare oplossings te verseker.
Volledige Dokument
Beste, Produsent.
Daar is tans baie verwarring oor Bek-en-klouseer (BEK) na die afkondiging verlede week deur Minister Steenhuisen dat die hele land se bees ingeënt gaan word. Die RPO word oorval deur vrae vanaf produsente oor wat verander het en hoe die toekoms daarna gaan uitsien. Ons wil graag probeer om met hierdie skrywe sommige van die vrae te beantwoord om sodoende meer duidelikheid oor die situasie te kan gee.
Die huidige regulatoriese situasie
Dit is belangrik om te besef dat die aankondiging deur die Minister nog niks aan die huidige situasie verander het nie (ten tyde van die skrywe, 5 Desember 2025). Die totale bedryf is steeds onderhewig aan die bestaande regulasies soos in die verlede afgekondig. Die Minister se aankondiging was bloot die bekendstelling van die besluit oor hoe die regering die BEK in die toekoms gaan aanspreek.
Wat was aangekondig?
Die Minister het, in kort, aangekondig dat terwyl ons regulasies nog altyd gemik was om ons as `n land vry van BEK sonder inenting te klassifiseer, dit meer gaan werk ten midde van die huidige situasie nie. Die regering het dus besluit om `n nuwe rigting in te slaan, en die rigting is om al die beeste in die land te ent en sodoende eerstens ons klassifikasie as `n land vry van BEK met inenting te kry, en dan in die toekoms weer sonder inenting.
Dit is belangrik om te let dat, alhoewel daar `n volledige plan deur die Ministeriële Taakspan vir Dieresiektes ontwikkel is, die plan nog nie afgeteken of gedeel is nie. Die Minister het wel `n paar punte genoem wat in die plan saamgevat word, soos:
- Entstowwe sal van verskillende verskaTers getoets word, en indien eTektief verkry sal word, om sodoende 1 miljoen dosisse per maand te verkry.
- Die brandpunte (soos KwaZulu-Natal) sal eerste geënt word.
- Regulasie word beplan om Melkerye (Ent om te lewe) en Voerkrale (Ent om te slag) voorkeur te gee en sodoende marktoegang te herstel.
Wat beteken dit vir die produsent?
Weereens, op hierdie stadium beteken dit nog niks, want geen regulasie het nog verander nie. Wat dit in die toekoms sal beteken is dat alle beeste geënt gaan word en dus gaan daar geen verskil tussen die huidige geënte, voorheen positiewe en skoon diere wees nie. Die belangrikste deel hiervan is dus dat produsente, ongeag die huidige status van hulle diere, marktoegang sal hê.
Daar is `n klomp bekommernisse wat uitgespreek word oor die ent van alle diere (veral aanteel en stoetvee), aangesien die praktyk oor die kam van die huidige regulasies en die beperkings wat daardeur gestel word geskeer word. Daar moet onthou word dat indien ons die nuwe rigting inslaan waar alle diere geënt word, daar nuwe regulasie moet kom wat al die verskillende tipe produsente en diere in ag moet neem. Dit beteken dus dat bepalings onder die huidige regulasies soos F-brandmerke, kwarantyn periodes, die feit dat geënte diere slegs vir slagting mag gaan ensovoorts, alles herbesin moet word.
Die proses vir die nuwe plan
Soos voorheen genoem is al die besonderhede van die hoe die landswye enting uitgerol gaan word nog nie bekend nie. Die RPO sal, sodra die plan en enige ander regulasies afgeteken en in werking gestel word, dit aan ons lede versprei.
Wat ons wel besef is dat daar op `n manier onderskeid getref gaan moet word tussen diere wat reeds geënt is, en die wat nog geënt moet word. Terwyl die huidige praktyk `n F-brandmerk is, gaan dit heel waarskynlik verval weens praktiese implikasies en ander redes. Diere wat geënt word, en die plase/plekke wat reeds besoek was, sal dus individueel identifiseerbaar moet wees om rekord te hou. Ons wil dus produsente aanmoedig om solank te kyk na die individuele identifikasie van u diere (naspeurbare oorplaatjies).
`n Verdere bekommernis is wie vir die entstof gaan betaal, en hoeveel dit gaan kos. Daar word baie stories versprei oor kostes van tot R600/dosis, en hoe dit kommersiële boere so baie gaan moet betaal sodat daar genoeg geld gemaak word om die opkomende sektor se bees ook te kan ent. Die feit van die saak is dat hierdie gegewens is ook nog nie bekend is nie, en ons sal vir die voorstel moet wag.
Ons wil verder produsente verseker dat daar `n proses gevolg moet word om regulasies te verander om sodoende die kommentaar van die bedryf te kry. Alhoewel daar sekerlik individuele kommentaar ingedien sal word, is die RPO ook, namens die organisasie se lede, in gesprek met die regering is om te verseker dat produsente nie benadeel word nie.
Die huidige entstof kwessie
Dit is nie nodig om uit te brei oor die huidige stand van BEK in die land nie. Ons almal weet dat dit krisis afmetings aangeneem het, en dit is hoekom daar nou na ander alternatiewe gekyk word.
Die huidige krisis, onder die huidige regulasies, is egter die beskikbaarheid van entstof. Die feit van die saak is dat daar op hierdie stadium basies geen entstof in die land beskikbaar is vir gebruik deur die regering nie. Die entstof wat wel beskikbaar is, was deur hoofsaaklik voerkrale en melkerye aangekoop vir eie gebruik wanneer hulle dit nodig het in die geval van `n uitbraak.
Dit beteken dus dat die uitbrekings van BEK wat nou plaasvind by produsente nie geënt sal kan word nie en dus gaan die virus net vinniger uitkring. Die volgende besending entstof word eers teen einde Januarie/Februarie in die land verwag, en alhoewel dit 2 miljoen dosisse beslaan kan die virus nog baie vêr uitkring voor dan. Alhoewel die impak van die virus op ekstensiewe beesproduksie gewoonlik gering is, word die produsente in die areas wat onder kwarantyn geplaas word van hulle mark ontneem. Daar kan verder geen buTer geskep word om die verspreiding na omliggende areas deur middel van enting te beperk nie.
Alhoewel ons gevra het wat daar deur die regering omtrent die situasie gedoen gaan word, wag ons nog vir `n antwoord. Ons wil dus produsente versoek om alles in hulle vermoë te doen om die biosekerheid van hulle eiendomme te verseker.
Ten slotte
Ons verstaan dat daar tans baie onsekerheid is, dat produsente in vrees lewe, en dat die wat reeds geaTekteer is al vir baie lang periodes sonder marktoegang sit. BEK bly egter
`n staatsbeheerde siekte, en as georganiseerde landbou kan ons net aanbied om te help en oplossings voorstel. Indien ons probeer om sterkte op te tree of daadwerklike aksie te loots sonder die inkoop van die regering word ons met die wet gedreig en herinner dat die beheer van die BEK nie deel van ons mandaat is nie.
Ongeag, sal ons as die RPO, en ander rolspelers in die lewendehawe bedryf, aanhou druk toepas om die situasie so spoedig moontlik te probeer oplos. Die bedryf kan nie funksioneer sonder die huidige rolspelers nie, en dit sluit van die primêre produsente van vleis, melk of genetiese materiaal, tot die veiling, voerkraal en abattoir in, en dus moet almal oorweeg word en moet daar saam beplan word oor die pad vorentoe om die voortbestaan van elk te verseker.
Vir meer inligting, kontak asb:
Dr Frikkie Maré
