
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, het vandag bevestig dat die landbou sektor vorentoe gaan met werkskepping, ten spyte van die uitdagings soos aangedui deur die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname wat deur Statistiek SA vrygestel is. Die jongste syfers toon net hoe goed die sektor vaar. Indiensneming in landbou het met 2% gestyg (14 000 werksgeleenthede) in vergelyking met die vorige kwartaal, wat die totaal op 920 000 werksgeleenthede te staan bring.

















