Beste Rooivleisprodusente,

Sake wat graag in hierdie Nuusbrief wil aanraak, is:

 

1.    Presisie Veeboerdery:

Hierdie is 'n saak wat vir die RPO baie belangrik is sodat ons produsente meer kan maak uit hulle veeboerderye. Veral omdat veeboerdery se toekoms so rooskleurig lyk wat uitvoermoontlikhede betref,vleispryse wat bly styg en en verbruik steeds toeneem.  Ons is netto invoerders van rooivleis.  Dit a.g.v 'n Nasionale gemiddelde kalfpersentasie van 60%.  Daar is soveel faktore wat die beïnvloed soos dieregesondheid, goeie weiveldbestuur, voervloei beplanning en strategies korrekte lek aanvulling.  Dit is die tema van volgende jaar sekongres asook die gesamentlike Streekvergaderings van die RPO en NWKV. Meer inligting hier.

 

2.    Die waarde van geregistreerde rasegte bulle:

Die RPO wil produsente aanmoedig om van geregistreerde rasegte bulle gebruik te maak.  Deur geld te spaar om by u buurman bosbulle te koop of 'n mooi speenkalf bul terug te hou om mee te teel, gaan u uself ekonomies benadeel.

Dank aan Dr. Pierre van Rooyen van Stamboek wat hierdie artikels geskryf het.  Sien dokument hier.

 

3.    Die Futures-mark van beesvleis:

Daar is reeds verskeie werkswinkels gehou i.v.m beesvleis wat op Safex verhandel gaan word.  Nelius Ferreira, Vise Voorsitter het so 'n werkswinkel namens Vrystaat saam met JSE en Dept. van Landbou - ekonomie onder leiding van Dr. Dirk Strydom bygewoon. Meer hieroor.

 

Sterkte vir die nuwe seisoen!

 

Rooivleis groete,

Neels de Villiers
Voorsitter - Vrystaat RPO