Beste rooivleisprodusent,
In hierdie Nuusbrief terugvoer oor RPO kongres, Strategie om BM en geslagsiektes uit te roei en Persverklaring oor uitreikpoging op Wepener waarby RPO betrokke was .
Vrystaat RPO kongres
Sedert die vorige nuusbrief wat uitgestuur is, het Vrystaat RPO 'n baie suksesvolle kongres gehou. Lees in aanhangsel die opsomming van die sprekers wat rolspelers in die bedryf is. Voorleggings ook beskikbaar op webtuiste.
'n Nuwe Dagbestuur is verkies waarvan die volgende persone lid is:
Rudolph Güldenpfennig
Gielie Nieuwoudt
Francois Botha
Johann Stadler - hy is ook Voorsitter van Vrystaat Veediefstalforum en Vise-Voorsitter van die Nasionale Veediefstalforum.
Die res van die Dagbestuur bestaan uit - Neels de Villiers (Voorsitter), Nelius Ferreira en
Nic Zaayman (Vise-Voorsitters)
Graag verwelkom ons nuwe bestuurslede wat verkies is tydens die RPO Kongres:
Streek 6 Deon Van der Watt (Frankfort, Cornelia en Villiers)
Streek 7 Steeds vakant. Opsoek na kandidaat vir Sasolburg en Deynesville.
Streek 8 Louis Kleynhans (Heilbron, Edenville, Koppies, Vredefort en Parys)
Streek 10 Willie Marais (Hennenman, Theunissen, Virginia, Welkom en Odendaalsrus)
Sertifikate is aan instansies oorhandig as blyk van waardering wat afgelope boekjaar vanaf 1 Mei 2014 tot 30 April 2015, die RPO Vrywillige bydraes afgetrek en oorbetaal het .
Platinum ( meer as R200 000 )
OVK CMW
Goud (R100 000 tot R200 000 )
Vleissentraal Bethlehem
Tobie Myburgh Afslaers
BKB LOUWID
Boshof abattoir
Silwer ( R50 000 tot R100 000 )
GWK
Cavalier auctioneers
Brons ( minder as R50 000 )
Warden DLU
Veekor
Prima Agri Marketing
Vleissentraal Bloemfontein
Andre Kok afslaers
Vleissentraal Kwazulu Natal (Vrystaat vee wat in Natal verkoop )
Jacob van der Walt
Baie dankie ook aan individue wat direk hul vrywillige bydrae n.a.v. speenkalwers verkoop of produksieveiling oorbetaal het .
Danksy u bydrae is dit vir die RPO moontlik om namens u as produsent, as mondstuk op te tree .
Daar word dikwels gevra wat die RPO vir produsente doen :
Ons wil graag twee funksies en aksies beklemtoon, buiten al die ander funksies van die RPO, die volgende :
1. Die regskoste om strenger maatreëls weer ingestel te kry vir invoere vanaf buurlande kos die RPO alreeds R200 000. Hierdie koste kom van vrywillige bydraes van produsente. Die RPO het 'n verantwoordelikheid teenoor elke produsent om toe te sien dat diere nie die land binnestroom met afgewaterde permitte wat ons biosekuriteit in gevaar kan stel en rooivleispryse afdruk nie.
Die bedryf het in Februarie 2014 sy bek - en - klouseervrye status teruggekry. Sedertdien word
rooivleis uitgevoer wat op die langtermyn tot rooivleisprodusente se voordeel sal strek. Die
veebedryf het R4 miljard per jaar skade gelei a.g.v grense wat toe was. Die OIE (International
Dieregesondheidsorganisasie) vereis dat maatreëls t.o.v. invoere van buurlande streng
toegepas moet word .
2. Die ad volarum invoer tarief van 40% is een van die vernaamste funksies wat die RPO vir produsente beding het. Indien invoertatiewe op rooivleis sou wegval, is daar niks wat oorsese lande keer om hul oorskotte hier te kom stort soos wat met die pluimveebedryf gebeur het. Brasilië kan nou A - graad karkasse hier @ R17/kg land.
Lees "RPO in 'n neutedop" op webtuiste.
Strategie teen BM en geslagsiektes in u omgewing
N.a.v die Dieregesondheidsforum vergadering, is daar groot kommer uitgespreek oor die toename in voorkoms van besetlike misgeboorte. In die vorige 3 nuusbriewe is breedvoerig hieraan aandag gegee.
Omdat BM so hoogsaansteeklik is, sal produsente 'n gesamentlike poging moet aanwend om die siekte in hul omgewing te beheer .
Vereistes om strategie in werking te stel :
1. Leier boere in 'n streek wat leiding sal moet neem;
2. Produsente wat ernstig is om probleem op te los;
3. Goeie buurmanskap en vertroue;
4. Goeie samewerking met plaaslike privaat-, staatsveeartse en dieregesondheidstegnikuste is 'n vereiste. Veeartse is bewus van probleem en is bereid om te help.
Stel volgende basiese riglyne vir 'n strategie in u omgewing voor :
1. Ent verse voor 8 mnde ouderdom met STAM 19. Herhaal op jaar en 15 mnde met RB 51 voor dekseisoen. Bied 80 % beskerming.
2. Identifiseer alle diere met oorplaatjies.
3. Toets ten minste elke tweede jaar vir BM en jaarliks vir bulle voor en na dekseisoen vir geslagsiektes. DGT’s toets gratis vir BM. Tel sodoende vroegtydig enige problem op. Moenie wag tot kalfpersentasie daal voordat u die probleem probeer opspoor nie.
4. Indien negatief toets, stel bure in kennis en vra dat hulle ook sal toets om negatiewe kudde te bevestig.
5. Indien positiewe gevalle het, isoleer en slag diere dadelik. Stel u buurman in kennis. Drie negatiewe toetse van al u diere word eers beskou as 'n negatiewe kudde.
6. Toets bulle wat draadspring van/na bure vir geslagssiektes. Laat weet buurman .
7. Koop slegs diere in wat getoets is .
8. Tsv sertifikate, plaas aangekoopte diere onder kwarentyn en toets weer voor u met eie diere meng.
9. Maak opname in omgewing om vas te stel hoeveel bulle getoets moet word en beding sodoende afslag by
laboratoriums.
10. Vra plaaslike veearts om inentingsprogram vir JOU plaas op te stel.
11. Sorg dat u heinings in goeie toestand is.
12. Goeie samewerking tussen bure is belangrik. Moenie dat teeltroppe van u en u buurman langs mekaar wei nie. Geen draad keer 'n bul wat wil spring na 'n vroulike dier op hitte nie.
Landbou gee om
Sien aangehegte persverklaring oor uitreikpoging en beeldbou aksie van RPO in samewerking met VL en OVK op Wepener. Uiters belangrik dat ons as landbouers wys ons gee om.
Rooivleis groete,
Neels de Villiers