Beste rooivleisprodusente,

Hiermee Vrystaat RPO se vierde Nuusbrief vir 2015.

 

1. SKAAP BESTUURSPROGRAM
Sien in aanhangsels ‘n skaap bestuursprogram wat van Mnr Jan Louis van die NWKV ontvang het om as riglyn te gebruik. Is ook op webtuiste beskikbaar.

 

2. BESMETLIKE MISGEBOORTE
Deel 3 van 4 oor Besmetlike misgeboorte opgestel deur Boerdery bestuurskomitee olv Nelius Ferreira aangeheg.

 

3. BLOEMSKOU 2015
Die RPO het by die Bloemskou ‘n stalletjie gehad om rooivleis onder verbruikers te bemark. Lees in aanhangsel wat alles aangebied is.


4. NAMPO
Dankie vir al die besoeke van produsente en verbruikers by die RPO stalletjie. Dit is ‘n besoekpunt wat u as rooivleisprodusente nie kan bekostig om te mis nie. Sien u volgende jaar weer by NAMPO in die Suiwel kompleks.

 

5. VRYSTAAT RPO KONGRES
Jaarlikse kongres vind op 10 en 11 Junie 2015 te LEOPARD & LACE plaas. Sien program aangeheg.

Oproepe reeds uitgestuur . Kontak kantoor indien belangstel om die spesiale geleentheid by te woon.

 

Neels de Villiers
Voorsitter : Vrystaat RPO