Rooivleisreklame
Die RPO het navorsing geïnisieer en gefinansier om die nutriëntsamestelling van SA Lam te bepaal. Van die provinsiale RPO's is baie betrokke om met behulp van die vrywillige finansieringstelsel rooivleisverbruik te bevorder. Dit word grootliks deur middel van radioreklame gedoen.
Die RPO sal saam met die Ontwikkelende Rooivleisprodusente Organisasie en die SA Voerkraalvereniging betrokke wees as diensverskaffer vir die funksie van rooivleisreklame met behulp van die fondse wat gegenereer sal word uit die Statutêre Heffing.
Vleisklassifikasie
Die AB-klas is op versoek van die RPO ingestel en dit is duidelik dat die klas al hoe meer gesog raak onder verbruikers.
- Die AB-klas is op versoek van die RPO ingestel en dit is duidelik dat die klas al hoe meer gesog raak onder verbruikers.
- Die RPO lewer op ‘n deurlopende basis insette oor die klassifikasiestelsel en verteenwoordig produsente op die Standaardekomitee van die Departement van Landbou.
- Die RPO lewer insette oor die higiënestandaarde in die bedryf.
- Die RPO het daarin geslaag dat die term lam nie vir ingevoerde vleis gebruik mag word nie.
- Die RPO sien toe dat alle ingevoerde vleis gemerk word as ingevoer.
SA Lam en Skaapvleis (A2)
- Vet inhoud- Karkas 9.01 %
- Vet inhoud- Boud 6.15 %
- Hoog in Vit B1, B2, B3, B6, B12
- Hoog in Fe en Zn
- Goeie bron van CLA's
Doctor's Billing Manual
Nutrient Content and Associated Benefits of SA Lamb & Mutton
(Agterblad van joernaal - 2008 Uitgawe).