Wie is RPO Vrystaat?

Strategiese doel en aktiwiteite

Die RPO poog voortdurend om die belange van kommersiële rooivleisprodusente binne die waardeketting van die rooivleisbedryf te beskerm en te bevorder. Die RPO wil ook as kollektiewe bedingingsorganisasie die ekonomiese welvaart van sy produsente verbeter. Die RPO fokus op belangrike bedryfstake soos:

  • Dieregesondheid;
  • Invoermonitering;
  • Handelsooreenkomste;
  • Voorligting en opleiding;
  • Onderhandelings tov wetlike raamwerke;
  • Die bevordering van die ekonomiese posisie van produsente en stabiliteit in die bedryf;
  • Die bevordering van produsente se belange en sake by regerings- en nieregeringsinstansies;
  • Die vestiging en bevordering van ’n positiewe beeld van die bedryf en die produkte;
  • Predasiebestuur;
  • Die bekamping en voorkoming van veediefstal;
  • Die bedinging vir die verlaging van inset– en bemarkingskoste;
  • Inligting oor produksiestelsels;
  • Markinligting;
  • Navorsing.

 

Kode Van Beste Praktyk

 

 

Laai die KODE VAN BESTE PRAKTYK af

 

 

 

 

Die RPO se inspraak in en deelname aan strukture

Die RPO het direkte skakeling, verteenwoordiging en inspraak in onder meer die volgende instansies om die belange van rooivleisprodusente te beskerm en te bevorder:Die RPO se inspraak in en deelname aan strukture

  • Nasionale Landboubemarkingsraad;
  • Nasionale Landbounavorsingsforum;
  • Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP);
  • Onderstepoort Veterinêre Instituut (OVI);
  • Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA);
  • Nasionale en provinsiale veediefstalforums;
  • Organisasies van georganiseerde landbou;
  • Agri SA Bedryfskamer;
  • Bedryfstrusts;
  • Lewendehawe Produsente-Organisasie van Namibië;
  • Predasie Bestuursforum;
  • Rasgenootskappe;
  • Nasionale en provinsiale regeringsdepartemente;
  • Opleidings- en navorsingsinstansies;
  • Koördinerende Komitee vir die Welsyn van Lewendehawe;
  • Rooivleisnavorsing en –ontwikkeling SA;
  • Ander produsente-organisasies;
  • Skaapvleis SA;
  • Internasionale bedryfsorganisasies.

 

Die RPO verteenwoordig rooivleisprodusente se belange in die Vleisbedryfsforum wat alle instansies verteenwoordig wat betrokke is by die volle waardeketting van die rooivleisbedryf. Die forum is saamgestel uit:Die RPO verteenwoordig rooivleisprodusente se belange in die Vleisbedryfsforum

 

  • Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusenteorganisasie;
  • Rooivleis-abattoirsvereniging;
  • Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging;
  • Suid-Afrikaanse Federasie van Lewendehawe- en Vleismakelaars;
  • Nasionale Federasie van Vleishandelaars;
  • Suid-Afrikaanse Vleisprosesseerders;
  • Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie
  • Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders;
  • Raad vir Huide, Leer en Velle (SHALC);
  • Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO);
  • South African Meat Distributors and Allied Workers’ Union;
  • RPO Grootvee;
  • RPO Kleinvee.

Die RPO vorm saam met NERPO die Federasie van Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika wat kollektiewe belange van primêre kommersiële en opkomende rooivleisprodusente hanteer.

 

Waarom vrywillige bydraes hef?

Vrywillige BydraesKrities belangrike funksies vir die oorlewing en welvaart van primêre rooivleisprodusente en die rooivleisbedryf in geheel word befonds uit twee afsonderlike finansieringsbronne: die statutêre heffing en die vrywillige produsentebydrae.

Die statutêre heffing is ingestel binne die raamwerk van die Nasionale Landboubemarkingswet en word
uitsluitlik aangewend vir die volgende funksies in belang van die bedryf:

  • Verbruikersekuriteit (voedselveiligheid);
  • Verbruikerskommunikasie en -opvoeding;
  • Navorsing en –ontwikkeling;
  • Bedryfskakeling;
  • Ontwikkeling van opkomende sektor;
  • Produksie-ontwikkeling en bedryfsprojekte.

 

Ingevolge die bepalings van die Nasionale Bemarkingswet mag 'n organisasie soos die RPO geen organisatoriese funksies uit die statutêre heffing befonds nie. Die primêre produsent lewer die grootste bydrae tot die statutêre heffing en indien die produsent die RPO nie finansieel bemagtig in sy moniteringstaak nie, sal die betalende produsent sy seggenskap oor die omvang en aanwending van hierdie statutêre fondse verloor. Dit is uiters noodsaaklik dat die RPO namens die produsent sterk inspraak sal hê in die Vleisbedryfsforum om toe te sien dat statutêre fondse korrek bestuur word.

Die bedrag vir die vrywillige heffing wat tans van produsente gevra word, beloop 0,15% van die omset by die eerste punt van verhandeling. Verskeie krities belangrike aksies wat die RPO in belang van
veeprodusente onderneem, sal weens 'n gebrek aan kapasiteit nie sonder die vrywillige bydraes kan
bestaan nie.

Agente en abattoirs hef die vrywillige bydraes binne die provinsies en betaal dit aan die RPO’s binne elke bedrag aan die nasionale RPO oor waarmee hy sy organisatoriese en administratiewe funksies verrig.

Volgens die duimreël word 70% van die fondse binne die provinsies aangewend en 30% vir nasionale aksies. As primêre belanghebbende in die rooivleisbedryf word daar van produsente verwag om 'n finansiële bydrae te maak deur sowel die statutêre as vrywillige bydraes te ondersteun. Dit skep kapasiteit om aandag te skenk aan produsentebelange binne die totale waardeketting van die bedryf en dit te verseker.

 

Organisatoriese en administratiewe funksies

Funksies wat in belang van die produsent uit die vrywillige heffing gefinansier word:Organisatoriese en administratiewe funksies

  • Provinsiale en nasionale kantoor en personeel;
  • Administratiewe bestuur van nasionale kantoor en provinsies;
  • Radio- en TV-onderhoude;
  • Bemarking van rooivleis op plaaslike vlak;
  • Produsenteskakeling by wyse van inligtingsdae, kongresse, SMS-boodskappe, webwerfinligting, brosjures, die Communicator, Facebook, die Rooivleis-tydskrif en 'n elektroniese nuusbrief;
  • Beleidsbeïnvloeding by die provinsiale regerings;
  • Skakeling met departemente en veterinêre dienste oor kwessies soos grens- en siektebeheer;
  • Opleiding van produsente en hul werkers;
  • Finansiering van relevante navorsingsprojekte;
  • Die bedryf van die Provinsiale Veediefstalforums;
  • Verbruikerskakeling.

 

UITEENSETTING VAN STATUTÊRE HEFFING

Geldig vanaf November 2014 tot November 2018.

 

BEESTE

  • R4,68 per kop word van die verkoper verhaal en aan die koper oorbetaal by alle transaksies.
  • R7,81 per kop word by die verslagtingspunt betaal deur die persoon wat die dier vir verslagting aanbied en dieselfde geld vir invoer van beeste.

 

SKAPE EN BOKKE

  • R1,00 per kop word van die verkoper verhaal en aan die koper oorbetaal by alle transaksies.
  • R1,52 per kop word by die verslagtingspunt betaal deur die persoon wat die dier aanbied vir verslagting en dieselfde geld vir invoer van kleinvee.

 

INVOERE

  • 'n Permit vir die invoer van vleis beloop R871 per permit, met maksimum van 28 ton per permit.

 

HUIDE EN VELLE

  • Huide en velle word verreken teen 1,51 sent per kilogram.

 

AGENTE

  • Lewendehawe-agente betaal 0,07% van hul kommissie.

 

HANDEL

  • Verkoopspunte betaal R495 per jaar .
  • Die bedryf sal moet herbesin oor die voortsetting van die statutêre heffing na 2018.

 

RPO-KANTORE


Mpumalanga
Sel: 082 493 8428
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Noordwes
Tel: 018 632 0130
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Oos-Kaap
Tel: 049 802 6734
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Noord-Kaap
Tel: 053 832 9595
E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Wes-Kaap
Tel: 021 860 3800
E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


KwaZulu-Natal
Tel: 034 212 3648
Cell: 071 688 9449
E-mail: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Vrystaat
Tel: 051 451 2314
Sel: 079 529 5000
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Limpopo
Tel: 015 293 9804
Sel: 082 555 4553
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.


Gauteng
Sel: 082 574 2653
E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.