Futures Mark Vir BeesvleisRooivleis, spesifiek beesvleis, gaan binnekort future kontrakte soos ander kommoditeite op die JSE verhandel , beter bekend as Safex.

Sien ook lêer, 'JSE Market Notice'.

Hier is 'n kort verduideliking wat dit behels :

  • Verhandelingsopsies is beeskontrakte van 1000kg A-graad met 'n afgeleide speenkalf prys ,
  • U kan uself verskans met toekomstige vleispryse ,
  • Die mark is op soek na genoeg likiwiditeit en om dit so hoog as moontlik te hou moet daar genoeg deelnemers die markplek betree ,
  • Die Abattoir vereniging sal die gemiddelde karkasprys deurgee terwyl die speenkalf prys uit Vryburg sal kom of afgelei word vanaf die A graad prys ,
  • Die Universiteit van die Vrystaat het navorsing gaan doen hoe werk sulke markte in die VSA onderleiding van Dr. Dirk Strydom ,
  • Aanbevelings is gesamentlik met die RPO gemaak aan die Safex span.
  • Daar is geen vervoerdifferensiaal op Beesvleis nie.

 

Onthou die volgende :

  • Safex bepaal nie die kommoditeit se markprys nie, maar die markplek SELF bepaal dit,
  • Jy hoef nie deel te neem in die verhandeling van Future kontrakte nie. Dis slegs 'n bykomende hulpmiddel om jouself te verskans teen toekomstige wisselende pryse,
  • Ons kan uiteindelik 'n verwysingsprys kry vir ons produk in Suid Afrika,
  • Ons kan beter begroot vir toekomstige vleispryse,
  • Akkurate Nasionale veegetalle, die aantal verhandelings van karkasse en speenkalwers en soveel meer broodnodige data sal meer akkuraat wees in markplek.
  • Indien u die futuremark wil betree , sorg dat u uself goed sal oplei hoe die spesifiek mark werk want risikos kan hoog wees ,
  • Die 'Safex' mark nie daar is om vinnig ryk te word nie, slegs 7% van al die spekulante toon 'n wins.

 

deur Nelius Ferreira